Article in "Tukkie" University of Pretoria alumni magazine (Page 62)

http://web.up.ac.za/emagazine/tukkie/volume16/files/2421%20tukkie%20med%20res.pdf

 Articles published in "The Medalist" Magazine of the High Performance centre at the University of Pretoria

Strength is a Skill.pdf Strength is a Skill.pdf
Size : 162.186 Kb
Type : pdf
Rehabilitation Gyms vs Commercial.pdf Rehabilitation Gyms vs Commercial.pdf
Size : 981.386 Kb
Type : pdf
Myth Buster_ Body types.pdf Myth Buster_ Body types.pdf
Size : 370.616 Kb
Type : pdf
12 Myth Buster.pdf 12 Myth Buster.pdf
Size : 477.166 Kb
Type : pdf
What is VWC.pdf What is VWC.pdf
Size : 369.702 Kb
Type : pdf
Naat your average fitness trainer.pdf Naat your average fitness trainer.pdf
Size : 130.247 Kb
Type : pdf
Training During winter_ How to adapt.pdf Training During winter_ How to adapt.pdf
Size : 864.434 Kb
Type : pdf
5 Keys for explosive power development.pdf 5 Keys for explosive power development.pdf
Size : 192.455 Kb
Type : pdf
S&C Talk 4 FEB 2011 HPC.pdf S&C Talk 4 FEB 2011 HPC.pdf
Size : 307.092 Kb
Type : pdf
Old strength training equipment vs the new.pdf Old strength training equipment vs the new.pdf
Size : 282.387 Kb
Type : pdf
 

Cameron defends Lange David Isaacson Published:Nov 23, 2008 Sunday Times


Cameron van der Burgh, South Africa’s newest world-record breaker, has come out in support of outgoing national swimming coach Dirk Lange.

Van der Burgh, 20, who cracked three breaststroke marks during the recent World Cup series, has trained with Lange in Pretoria for the past three years.

Lange has taken up the post of head coach of his native Germany, having quit SA amid allegations of abusive behaviour towards some swimmers.

He has been heavily criticised by several local swimmers and coaches, including Ryk Neethling, but Van der Burgh is standing by Lange, saying he intends keeping him on as his personal coach.

“We’re trying to organise something, like me coming over (to Germany) every two months, and I’ll sign up with a local club here,” Van der Burgh told the Sunday Times from Lange’s house in Berlin this week.

“I’m thinking of staying in Pretoria, though. I’ve got a really good gym coach there, Naat Loubser. It’s the same guy who works with (track athletes) LJ van Zyl and Morne Nagel.

“I do think Dirk is one of the best coaches in the world and it’s a pity we lost him. I think it’s really sad. I’ve worked with Dirk for close on three years, I’ve known him as a coach and as a person and he’s very professional.

“A lot of people are in swimming for themselves — they don’t care about swimming in South Africa.”

The World Cup competition concluded in Berlin last weekend, with Van der Burgh being named the best male swimmer of the seven-leg series, a prize that carried a cheque of 100000 (about R1-million).

In the Moscow event he clocked 26.08sec in the 50m and 56.88 in the 100m, and in Stockholm he improved his 50m mark to 25.94.

Van der Burgh joins Roland Schoeman and Neethling as SA’s only male swimmers to have broken individual world records, although he is Africa’s first truly home-grown world record-holder since the golden era of backstroke queens Karen Muir and Ann Fairlie in the 1960s.

Schoeman, Neethling, Penny Heyns and Zimbabwe’s Kirsty Coventry have all trained in the US.

World Cup competition is over 25m laps, but Van der Burgh is now looking to make the transition to the Olympic-sized 50m pool.

At the World Short Course Championships in Manchester earlier this year, he swam a 57.92 in the 100m, which translated into a sub-minute long-course African record in the heats at the Olympics.

“Now I’ve gone 56 in short course — I’m just waiting for next year at the (long course) World Championships in Rome (in August).

“I’m even more excited now to do well. I’m the top of the pile. Rome will be my time,” said Van der Burgh who, in his World Championship debut in Melbourne 2007, won a bronze medal in the 50m breaststroke, a non-Olympic event.

“I was a little disappointed after the Beijing Olympics, not making the final. I was excited after swimming 59 seconds in the heats and I didn’t sleep well, I got four hours sleep before the (morning) semifinal. But the world records now show I could have done well.

“I think it just took a while to come together. I think all the aspects have come together. We always knew I had it in me,” said Van der Burgh, who competed in a gala in Italy this weekend.

He returns home tomorrow.

In the Zone.
Written by Michael Cooper and Tim Goodenough

"Geraldines interview was particularly interresting, as she was the only athlete we interviewed who had worked with a mental coach. Two years ago she approached Naat Loubser from Bodymakeover. Besides being one of the best strength coaches in South-Africa, Naat has studied Meta-coaching and is also a great mental coach" page 207


Geraldine oefen in Pretoria, nie weer in Jamaika
Beeld Oct 31 2007 08:04:30:293PM  - (SA)

Wilhelm de Swardt


Geraldine Pillay, een van Suid-Afrika se beste naelloop-atlete is weer ’n Pretorianer.

Pillay het beplan om verlede maand na Jamaika terug te keer waar Stephen Francis haar verder sou afrig.

Francis is ook die afrigter van Asafa Powell, die wêreld se vinnigste man oor 100 meter.

Haar planne het dramaties verander ná Atletiek Suid-Afrika (ASA) se eerste Olimpiese oefenkamp by die Universiteit van Pretoria se High Performance Centre.

“Ons het ’n lang gesprek met Geraldine gehad en gesê dis moeilik om haar vordering te monitor as sy in Jamaika oefen,” sê Wilfred Daniels, spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse atletiekspan.

“Ons gevoel is dat daar genoeg kundige afrigters in Suid-Afrika is om Geraldine vir die Spele te help voorberei.

“Volgens ons het Geraldine as atleet niks verbeter in die tyd dat sy in Jamaika geoefen het nie.

“Die voordeel wat sy het as sy in Suid-Afrika oefen, is dat daar by die High Performance Centre ’n hele infrastruktuur beskikbaar is, wat haar in elke faset van haar Olimpiese voorbereiding kan ondersteun.”

Daniels sê daar is ’n duidelike verbetering te bespeur by die atlete wat die eerste Olimpiese oefenkamp bygewoon het.

“Dit is regtig opwindend. Ons kon die inligting wat verlede jaar ingewin is met die nuwe inligting vergelyk. Daarvolgens lyk dit of die meeste atlete se vermoëns met twee tot drie persent verbeter het.”

Pillay sê dit was aanvanklik vir haar ’n teleurstelling toe ASA vir haar gesê sy mag nie weer in Jamaika gaan oefen nie.

“Ek het aan ASA genoem my hakskeenbesering het my verhinder het om die tye te hardloop wat ek graag wou en waartoe ek in staat is.

“Aanstaande jaar is net te belangrik. Ek kan nie bekostig om my nou deur onbenullige dinge te laat omkrap nie.

“Al wat saak maak, is om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

“Daarom sal ek by ASA se planne inval.

“Ek kry steeds oefenprogramme van Francis af. Al verskil is dat Waldo van Heerden, wat my voorheen afgerig het, my nou in my oefeninge bystaan.

Naat Loubser is weer die afrigter wat my in die gimnasium met my kondisionering help.

“Wanneer ek in Europa gaan deelneem, sal Francis my afrigter wees.”

Pillay meen dit is dalk ’n bedekte seën dat sy weer by die High Performance Centre is.

Danksy die behandeling wat sy ontvang het, lyk dit of haar hakskeenbesering herstel het.

“Ek is opgewonde daaroor. Ek oefen die eerste keer in ’n lang tyd sonder ’n besering.

“My groot doelwit, behalwe om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer, is om Evette de Klerk se rekord van 11.06 sekondes in die 100 te verbeter.

“Ek weet ek kan dit doen.”

 
Alwyn en LJ kry slypkans teen grotes
Beeld Jun 26 2007 09:17:52:420PM  - (SA) 
De Jongh Borchardt

Twee van die wêreld se beste 400 meter-hekkiesatlete, Felix Sanchez en Bershawn Jackson, wag vanaand in Ostrava in die Tsjeggiese Republiek op ’n Grand Prix-byeenkoms op Suid-Afrika se LJ van Zyl en Alwyn Myburgh.

Dié twee Suid-Afrikaners kan nie om ’n beter rigtingwyser op hul eerste Europese byeenkoms vanjaar gevra het nie. Die Wêreldbyeenkoms vind oor twee maande in Osaka, Japan, plaas. Jackson, loshande die beste 400 hekkes-atleet ter wêreld, sal daar wees om sy wêreldtitel te verdedig.

Sanchez, wat die Olimpiese goue medalje in 2004 in Athene verower het, het weens beseringsprobleme die afgelope paar jaar nie te gereeld sy opwagting by groot byeenkomste gemaak nie.

Van Zyl se krag- en kondisionerings-afrigter, Naat Loubser, glo dié jong Pretorianer sal gereed vir Jackson-hulle wees.

“LJ het die laaste paar maande kliphard in die gimnasium en op die baan geoefen. Ek dink hy is reg vir groot dinge vanjaar,” sê Loubser. “Ek het aan hom gesê hy moet die Ostrava-byeenkoms benader soos iemand wat sy motor vir ’n opgradering geneem het en dit nou vir ’n toetsrit vat.

“LJ was lank laas só goed op dreef en hy brand om in die blokke te sak,” sê Loubser.

Van Zyl het weens ’n liesoperasie nog nie vanjaar veel deelgeneem nie. Hy spog vanjaar met ’n beste tyd van 49.01 sekondes, wat effens stadiger as Myburgh se 48.97 s’n is. Jackson se 48.13 is een van die beste tye vanjaar.

Die Suid-Afrikaanse spiesgooiers Justine Robbeson en Robert Oosthuizen, wat soos Van Zyl en Myburgh hulle tans in Potsdam, Duitsland, op die nasionale oefenkamp slyp, is ook vanaand in Ostrava in aksie.

Die jong Oosthuizen tree as een van die gunstelinge aan. Sy 83.33 meter vroeër vanjaar is op een na die beste van die ses deelnemers in Ostrava.


'Moenie dat oefen 'n kopding word nie'
Beeld Oct 26 2005 01:38:29:337PM  - (SA)
Hilda Fourie
 
"Elke keer as ek klaar by ExerciseLifestyle.Adventure geoefen het, voel ek soos 'n vars briesie."

Mev. Suid-Afrika, Mariëtte Chippendale, kry dié gevoel elke dag sedert sy aan die begin van jaar by dié gimnasium aangesluit het. ExerciseLifestyle.Adventure borg Chippendale vir haar jaar as Mev. Suid-Afrika.

Die 42-jarige Chippendale, van Waterkloof, was nog altyd 'n aktiewe mens. Die laaste drie jaar kon sy egter nooit regtig aan die gang kom nie.

"Ek het al die Comrades voltooi en aan ysterman-kompetisies deelgeneem," sê sy.

"Ek sukkel egter met 'n onderaktiewe skildklier, wat maak dat ek vinnig moeg word. Daarby het ek drie jaar gelede 'n rugoperasie gehad.

"Ek het drie weke by ExerciseLifestyle.Adventure geoefen en nog nooit weer rugpyn gehad nie. Nou kan ek nie genoeg van dié gimnasium kry nie. Dit is my ontspanningsuur elke dag."

ExerciseLifestyle.Adventure se oefenprogram verander elke maand. Op dié manier raak 'n mens se liggaam nooit gewoond aan 'n sekere soort oefening nie. 'n Mens weet ook nooit watter liggaamsdeel jy volgende gaan oefen nie.

"So blond soos wat ek is, hoef ek nie eens te dink nie. Alles word in die oefenprogram uitgestippel," sê Chippendale.

Naat Loubser, direkteur van ExerciseLifestyle, sê wanneer 'n mens enige verandering in sy of haar lewenstyl wil maak, is dit amper onafwendbaar dat jy voor sekere uitdagings te staan gaan kom.

"Een van die groot dinge van enige gewigsverliesprogram is die uitdagings wat dit inhou. Soms kan die stryd om jou te vergryp aan kos 'n erge kopding raak," sê hy.


Pillay wil in naellope hakke wys vir kritici
Beeld Feb 02 2005 10:13:14:480PM  - (SA)

Geraldine Pillay wil in die volgende paar weke bewys sy is Suid-Afrika se vinnigste vrou.

Dié Pretoriase naelloper, wat die land verlede jaar by die Olimpiese Spele in Athene verteenwoordig het, neem Vrydagaand in die 100 en 200 deel by die eerste Absa-byeenkoms in Potchefstroom.

Pillay se deelname in Athene was onder 'n wolk van omstredenheid, aangesien in sekere kringe beweer is sy het nie verdien om Spele toe te gaan nie.

Veral nadat die ervare Wendy Seegers kort voor die Spele 'n vinniger tyd in die 100 (11.30 in Windhoek) as Pillay se beste van 2004 (11.39 in Durban) behaal het.

Weens Atletiek Suid-Afrika (ASA) se kwalifiserende reëls, kon Pillay, die nasionale kampioen, egter nie uit die Athene-span weggelaat word nie, en Seegers moes tuis bly.

"Ek het niks teen Wendy nie, en wil bewys ek is die vinnigste vrou in die land," sê Pillay.

"Wendy is 'n baie ervare, maar ek is vanjaar sterker en beter voorberei as in die verlede. Die ondervinding by die Spele en die Wêreldbyeenkoms was ook goed. Ek wil dus diegene wat te veel te sê het, stil hardloop."

Pillay en Seegers sal net in die 100 teen mekaar in die blokke sak, maar die atleet van Rentmeester-Tuks kan sterk teenstand van Estie Wittstock, Heide Seyerling en Dikeledi Moropani in die 200 verwag.

Pillay het die seisoen met 'n goeie tyd van 11.52 tydens 'n "losmaker" in Pretoria afgeskop. Sy het Woensdag verklap sy gebruik nou ook die dienste van 'n kondisioneringsafrigter, Naat Loubser.

Hy werk ook met Pillay se geestelike voorbereiding. "Hy help my om negatiewe gedagtes te blokkeer en op die eindelike doel te fokus."

"Ek is nou 'n meer volwasse atleet en is beseringsvry en reg vir die plaaslike seisoen."

Die nuwe Golden Challenge, waar atlete tydens die Absa-reeks beloon sal word vir konstante goeie prestasies, het Pillay ook opgewonde. Sy wil aan vyf van die ses byeenkomste in dié reeks deelneem.

"Dit is 'n bykomende aansporing om gereeld jou beste te lewer," sê sy.

Vrydag se byeenkoms in Potch begin om 17:30. Toegang is R30 vir die hoofpawiljoen en R20 op die oop pawiljoene.


Hoe jy stryd teen skaal wen
Beeld Oct 05 2005 12:33:21:160PM  - (SA) 

Naat Loubser
Hoe jy stryd teen skaal wen

Die stryd teen die badkamerskaal se naald wat aanhoudend hoër en hoër tot stilstand kom is vir baie 'n groot nagmerrie. Aan raad om van die oortollige vetjies ontslae te raak, is daar geen tekort nie.

Byna elke tydskrif het 'n artikel oor hoe om daardie droomlyf joune te maak. Maar om te lees en die kennis toe te pas, is twee verskillende dinge.

Dit is waar baie mense se probleme begin. As 'n mens na alles kyk wat jy deur die jare geleer het en na al die kennis wat jy tot jou beskikking het, hoeveel van al daardie kennis pas jy toe in jou daaglikse lewe?

Die oorgrote meerderheid van mense wat gewig wil verloor of gesonder wil wees, weet wat dit is wat hulle moet doen -- soos reg oefen en gesond en gebalanseerd eet. Hulle weet ook wat hulle nie moet doen nie.

Hoeveel mense wat probeer gewig verloor, weet nie dat jy nie lekkers en sjokolade moet eet nie? En tog bly hulle dit eet. Die stelling "ek wil gewig verloor" is ongelooflik vaag en kan so baie verskillende betekenisse hê.

Die vrae wat gevra moet word, is: Hoe gaan ek weet as ek dit bereik het? Wat sal ek kan sien? Hoe gaan dit klink? Wat sal ek voel? Wat sal ek verloor? Wat gaan ek hieruit kry?

Nadat jy al dié vrae beantwoord het, en die woorde vir 'n ander persoon gelees het, moet jy presies kan verstaan wat jy wil hê.

L.J. van Zyl, een van Suid-Afrika se voorste 400 m-hekkiesatlete, is 'n goeie voorbeeld van iemand wat vir homself duidelike doelwitte gestel en presies uitgewerk het wat hy moet doen om dit te bereik.

Dit is soos om met vakansie te gaan. Die idee is om in Kaapstad aan te kom, maar jy het nie 'n idee waar dit is nie. Die gevolg is dat jy dalk Egipte toe ry in plaas van Kaap toe en jou hele lewe reis omdat jy nie weet wanneer jy in Kaapstad is nie.

Dit gebeur gereeld dat mense ophou oefen of reg eet voordat hulle die regte resultate bereik het. Daarom moet jy vooraf vir jou 'n duidelike doelwit uitwerk en daarin glo.


Gereelde oefening hou enigiemand langer jonk
Beeld Oct 19 2005 09:28:37:680AM  - (SA)

Hilda Fourie

Gail Picton-Turbervill van Waterkloofrif is al aan die verkeerde kant van 50, maar sy probeer so lank as moontlik jonk bly. Dít doen sy deur vyf dae 'n week by die ExerciseLifestyle.Adventure te oefen.

"Dit is deel van my daaglikse roetine. Ek laai my kinders in die oggend by die skool af en gaan dan reguit gimnasium toe," sê sy.

Picton-Turbervill sê die program wat sy by die gimnasium volg, doen wondere vir haar.

"Mense sê altyd ek dra my ouderdom goed. Ek lyk nie 51 nie," sê sy.

"Anders as by ander gimnasiums, oefen jy jou hele liggaam, nie net 'n sekere deel op 'n dag nie."

Sy oefen al vir 'n jaar lank by ExerciseLifestyle.Adventure.

"My liggaam het 'n mooi vorm gekry toe ek van die onnodige rondings ontslae geraak het. Ek het ook al omtrent 2 kg verloor vandat ek hier oefen."

Oefening is 'n belangrike deel van Picton-Turbervill se lewe.

"Dink net hoe sou ek gewees het as ek nie geoefen het nie -vetsugtig en lui. Ek wil verseker nie só oud word nie." Naat Loubser, direkteur van ExerciseLifestyle.Adventure, meen Picton-Tubervill het die regte keuse gemaak.

"Vryheid van keuse is seker die grootste wapen wat 'n mens in jou geveg teen vet het," sê Loubser.

"By ExerciseLifestyle.Adventure help ons mense om die regte keuse te maak. Die BodyMakeover- program gee aan elke persoon die keuse wat vir hulle die gewensde resultate kan gee. Dit word gedoen deur beheer te neem van jou inner game (jou emosies en denke) en te besef dis 'n spel met reëls wat 'n mens self maak.

Sodoende kan jy sien watter reëls werk en watter nie.

"Die game (jou woorde en optrede) is waar jy fisies begin oefen en dan moet kies tussen verskillende soorte oefeninge of kombinasies daarvan."


Toewyding is die wagwoord
Beeld Nov 02 2005 01:35:33:917PM  - (SA) 
Hilda Fourie

'n Man moet oefen om 'n mooi lyf te hê. Coenrad Willemse, 'n finalis vir die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie, oefen al twee maande by ExerciseLifestyle.Adventure om sy gespierde liggaam eksie-perfeksie te kry.

"In die model-bedryf is dit noodsaaklik om 'n goeie lyf te hê," sê dié 21-jarige van Centurion.

Willemse, wat deur dié gimnasium geborg word, oefen vyf dae per week vir 'n uur elke dag.

Hy vertel die gimnasium het persoonlike instrukteurs wat jou dophou en seker maak elke oefening word reg gedoen.

Willemse sê die feit dat die oefenprogram elke twee weke verander, is iets wat hy baie geniet.

"'n Mens oefen vir 'n uur, maar hulle werk vir jou tot jy in sweet uitslaan in daardie uur. Ek het al amper alle sportsoorte beoefen, maar met my besige leefstyl, is gimnasiumwerk die effektiefste."

Willemse is 'n verkoopsman en vir hom is dit belangrik om so gou moontlik so goed moontlik te lyk.

"Ek wil immers 'n internasionale model word," sê hy.

Willemse is sterk op pad soontoe. Hy het in Oktober Suid-Afrika se Droommodel-kompetisie gewen.

Naat Loubser van ExerciseLifestyle.Adventure sê toewyding is die sleutel tot enige oefenprogram. " Ongelukkig is toewyding nie iets wat aangeleer kan word nie. Jyself moet honger en vasbeslote genoeg wees om self die doelwitte wat jy vir jou stel, deur te voer.